Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2015

Uitvlucht - Silwerskermfees in Kampsbaai

Die bekroonde filmmaker, Regardt van den Bergh, bekend vir films soos Faith like Potatoes, Klein Karoo en vele ander gaan weer tot gehore se harte spreek met die uitreiking van ‘n splinternuwe fliek uit sy pen, getiteld UITVLUCHT, wat op 27 Augustus 2015 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai première. UITVLUCHT is ‘n drama en vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ‘n behoudende middelklas vrou wat in ‘n buite-egtelike verhouding alles wat saak maak in haar lewe, verloor. In haar gebrokenheid kry sy werk op n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms waarmee sy gekonfronteer word stelselmatig uitpluis begin haar eie restorasie plaasvind en leer sy om haarself te vergewe, en te begin aanvaar dat iemand haar dalk weer sal lief hê. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), 'n sagte vriendskaplike boer wat die Uitvlucht skool besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer o

Jo Engelbrecht

#nasieinspirasie Jo Engelbrecht 2015 1.Wat of wie inspireer jou?? Mense inspireer my, mense wat regtig 'n verskil wil maak. Mense met hart en meegevoel vir ander. Ek sou sê die persoon wat die grootste impak op my lewe gehad het, was my oupa. Hy is laas maand oorlede na 'n stryd met kanker, maar hy was die perfekte voorbeeld van selfloosheid en hoe om regtig vir sy naaste liefde te wys. 2.Dit blyk of jou baard al 'n persoonlikheid van sy eie het. Vertel ons meer oor hoe jy besluit het om dit (hom..) te laat groei en wat dit vir jou beteken? Die baard storie is regtig deurmekaar, ek wou my baard vir 'n jaar groei net uit verveeldheid. Na 'n jaar se groei het ons uitgevind van my oupa se kanker, daaruit het so klein ding tussen my en hom begin oor die baarde. Ek het vir hom gesê dat hy kan ophou veg teen die kanker, die dag as sy baard langer is as myne. Dit het nogal 'n baie sterk band tussen my en hom gevorm, hy het tot op sy einde daardie baard van hom

Angus Buchan

1.Thank you and Welcome to NasieInspirasie! God has made such a wonderful contribution through your life, to South Africans and people across the border. Did you ever imagine, as a young dreamer, your life turning out the way it did?  The answer is in fact no. I did not think that my life would turn out the way it has, until I started to get my focus correct and that is Jesus Christ first and foremost, then my family and then everything else after that. I really believe as I write this article that God is no respecter of person. He will use anybody who is willing to humble themselves and be obedient to His instructions. 2.You are not only a farmer and preacher, but also a husband, father grandfather and more. How would you like to be remembered? I would like to be remembered as a nobody, whom God used to touch the hearts of men and to bring them back to their responsibilities as Prophet, Priest and King in their homes. To treat their wives with much tender love and to be good m

Kuns deur "HOUSE OF MARIA"

1. Hier "celebrate" ons God, mense, talente en passie. Ons glo dit inspireer! Wie of Wat inspireer jou? God inspireer oorhoofs AL my besluite, Hy is die rede hoekom ek doen wat ek doen, hoekom ek skilder, wat ek skilder ens.  Verder inspireer dekor my, glo dit of nie, maar as ek Barbie gespeel het (wat ek nie gehad het nie, ek het 'n "flower prinses" gehad....) Dan was ek meer besig om vir haar huis te bou as om met haar self te speel... Ek lief dit om meubels rond te skuif en skilderye vir gate te maak in die kleur wat iemand nodig het. So ook om mense mooi te maak... Ek hou van mooi maak! Ja! Ek moes laaaank sukkel met dié een, tot ek vrede vind met die wete, God het my so gemaak en dis ok. 2. Wanneer het jy jou kuns-talent ontdek en besluit om met dit te woeker? Ek is daarmee gebôre.... Mens weet as jy kunstig is, want ek kon teken of beeldjies bou uit 'prestik' asof dit geen uitdaging is nie...  Om daarmee te woeker was na &#

Liefde is Tuis - YOU ARE WHAT YOU EAT - deur Melissa Viljoen

Niemand maak kos soos my ma…. Soos ek staan voor die stoof, soos elke aand, met ‘n meisiekind wat agter my rug spaghetti gaps wat in die vergietis lê, nes ek toe ek klein was, begin ek dink… Ek dink oor hoe jou eetgewoontes, onder baie andere, verander van bly in die huis ,na jongeling student, na jonk getroud, na kids in die huis, en dan seker ook weer koekies en tee soos baie oumense. Ons het ‘n tradisie… maandagaande is spaghetti aand. Dit was so toe ek in my ouerhuis gebly het en ek, die oudste, het die tradisie voortgesit in my huis. My man, wat ook hou van roetine èn spaghetti, raak krapperig as ek die menu vir ‘n maandag verander. My laatlam boetie, wat nounet verloof is, het nie hierdie spesiale gevoel oor die tradisie nie. Hy is al moeg geëet aan spaghetti, soos my pa dit maak (jammer pa, ek geniet dit steeds!) en droom van groener weivelde. Boetie, wat nog in die huis bly, dink dalk hulle gaan elke aand ‘n gourmet-spesiale-iets anders maak as pasgetroudes, maar wanneer mens