Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2017

Stefan Kunz

I discovered Stefan Kunz creatively lettering his way through Instagram. The power of words is not just a spiritual thing, but a creative medium and a scientific fact. We can break or build with words. Stefan has chosen to build creatively.  1. Welcome to NationInspiration Stefan. Please tell our readers more about yourself? My Name is Stefan Kunz, 25, I’m a full time artist since 2015 and mostly do lettering but also photography. At the moment, I live in Zürich, Switzerland.  2. How did your love for Lettering start? It was a natural progression, from one medium to the next. I started doing more quote designs on my iphone and at some point, I couldn’t improve anymore because I was bound to the fonts and functions of the app. So I started to draw it myself. Looked terrible. I worked hard to improve until I was somehow happy to share it on social media. Back then it was around 3-4k but still meant the world, what I share and present, still does. That started in 20

Mike Maeshiro

Mike is from Redding, California.  Because of his inspirational quotes, we voted Mike NR 1 on our Top 10 list of folks to follow on Instagram. If you're hungry for truth and frustrated with fluffy-facebook riddles and rhymes, this is the guy to follow . 1. What inspires you? Firstly, Jesus is a big inspiration for me. I met Him when I was 18. He changed my life. Reality shifted when that happened. We each carry a unique aspect of God, we are His expression. So I want to help people release who He is as them . He's locked up in each one of us and I have declared war on conformity, pretending, manipulation, self-hatred, rejections, fear, ignorance and deception because these keep the light hidden. My other answer would be pain. The pain I've experienced in my life, I have a strong desire to help other people heal from and overcome the things that have stolen from them and kept them small.  I hope my journey can lift their eyes and help them find the way ou

OH MY WORD

Lindie se kanniedood-vlammetjie is aansteeklik. Sy is vol avontuur en passie. Iemand met baie hooi op haar vurk, maar met stewige prioriteite, is sy besig om die wêreld om haar met woorde te BOU. Nie enige woorde nie, SCRABBLE woorde! 1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself? Ek is Lindie Denny en is 32 jaar jonk. Ek woon tans in Pretoria. Ek is 6 wonderlike jare al getroud met die man van my drome! 'n Vrolike mamma van 2 klein woelwaters. Bedags is ek tuis met Katelynn; sy is nou 2jr en 8maande en Linden, my seuntjie, is nou 17 maande. Ek is ook 'n dosent en gee klas in die aande, 3-4 maal per week, by 'n teologiese college in Randburg. Ek het sopas begin met 'n PhD in Praktiese Teologie by TUKS. Ek draf elke dag byna 10km en ek is mal oor bak. Ek is baie lief vir die Here en lief vir die lewe! 2. Wat inspireer jou? Daar is so baie dinge wat my inspireer. Wat my regtig inspireer is my studente. Elke dag sien ek waar mense in ons land hul

Reine Swart - Van der Merwe

Aktrise en filmmaker, Reine Swart, het met #NasieInspirasie gesels oor haar lewe en inspirasie. Sy is beste bekend vir haar rol in Die Pro, Detour en vele ander, maar verskyn ook in die lagwekkende Van der Merwe film binnekort in fliekteaters.  1. Welkom by #NasieInspirasie Reine.  Vertel ons lesers asseblief meer van jouself. Ek, Reine Swart, is die jongste van vier kinders en ook nou al tannie van nege van die oulikste kinders. My ouers, Reine en Cilliers Malan, besit Kleinkaap Boutique Hotel, waar ek grootgeword het (voor dit ‘n hotel was), in Centurion en dit is ook toe waar ek getroud is. My man is Xander Swart en hy is ‘n woes intelligente bedryfsingenieur. Ek het ‘n twee maande dramakursus voltooi by die New York Film Academy, teruggekom Suid-Afrika toe en ‘n agent gekry om te begin oudisie. My eerste groot rol was in die sepie, Villa Rosa. Van daar af was ek bevoorreg om verskeie rolle aan te pak en gaan voort daarmee. ‘n Paar hoogtepunte in my loopbaan slu

Van Der Merwe

Te dankie aan Starburst Promotions het NasieInspirasie, Hubri Bruyn  onlangs die nuwe VAN DER MERWE film gaan kyk saam met ander media verteenwoordigers. Hier volg sy vonke: Hierdie film is eenvoudig onsettend snaaks!!! Rob van Vuuren, Van the man himself , vat komedie na nuwe lag-hoogtes, "exe" , met Jack Parow ook in die " final mix" . Bo en behalwe ster-belaaide akteurs, en alles wat met 'n "Blockbuster" film gepaard gaan, is daar ook 'n storielyn wat 'n hartsnaar slaan en 'n mens trots maak om 'n Suid Afrikaner te wees, alles wat ons uniek maak - of ons dit wil erken of nie. NasieInspirasie, tall order right?! Wel, hier kry jy 'n herinnering van wat dit is om 'n Suid Afrikaner te wees en dit is blerrie inspirerend. Ok, genoeg gelees vir julle. Gaan steek aan die vuur. Hubri Volg #NasieInspirasie Facebook:  NasieInspirasie/NationInspiration Blog:  www.nasieinspirasie.blogspot.com In

Stella - Nuwe Môre

NasieInspirasie was onlangs genooi na Stella se CD bekendstelling. Melissa en haar man, Jaco, het hierdie geleentheid bygewoon en beskryf Stella se musiek as verfrissend, 'n vars briesie op 'n nuwe môre. (NasieInspirasie se tema vir die maand is WOORDE - die dinge wat ons sê, dinge wat krag dra. Luister gerus na een van STELLA se liedjies op die album genoem, WORDS, beskikbaar op iTunes) Dit is altyd 'n voorreg om by 'n CD bekendstelling te wees. As jy stop, stilstaan en besef dit is 'n lang pad en 'n droom van iemand wat waar word dan is dit nie maar net nog 'n CD wat bekendgestel word nie.  Dis die kunstenaar wat geboorte gee aan 'n droom lank in verwagting.  Stella kom op die verhoog en stel haarself bekend. Sy is klein in statuur, maar groot in autoriteit. Ek kyk na haar en sien 'n sagte, warm, opregte gevoelsmens . Sy heet almal welkom en sê laggend dat sy baie opgewonde is. Sy praat bietjie saggies en vertel dat sy Maandag oggend

Mond Vol Wond

Jare terug het ek 'n groot liefde ontwikkel vir Spaans. Ek het myself hierdie spreekwoord geleer wat ek raakgelees het in 'n boek destyds,  " La lengua no tiene dientes y más que ellos muerde" - The tongue has no teeth, but a deeper bite." Dis baie makliker om 'n spreekwoord te leer as om dit te leef. So...wat sê ek? Watse WOORDE kom uit my mond? Dis iets wat ek deesdae baie oor nadink... Bou ek of breek ek? Ons word soms so vêr gerek en gestrek deur die lewe dat dit voel of iets gebreek het daarbinne wat 'n goeie mechanic  nie kan fix nie, maar die karretjie moet aanhou loop, ongeag, met of sonder.  Breek reflekteer deur ons monde. Soos 'n puisie op jou vel as jy nie genoeg water drink nie. Of 'n ongeduldigheid wat sy ritme aanhou verstrooi van generasie tot generasie. Woorde is vrugte of gevolge van breekpunte wat bereik word. Vloekwoorde. Mens voel mens samel dalk krag in of het meer beheer met die kragwoord se uiter, maar op

Len Muller - Oog van die Storm

NasieInspirasie het Len Muller se nuwe album bekendstelling, Oog van die Storm, onlangs in Centurion bygewoon. Meer oor sy vlamvattende inspirasie en wat hom aan die brand hou... ’n Deeglike sin vir humor. Dit is die eerste ding wat mens van Len Muller optel, en dit het hom ongetwyfeld goed gedien in die oploop voor sy sukses. Hierdie selfde jong man was eens op ’n tyd die outjie wat by die plaatemaatskappye koffie aangedra en CD's reggepak het, nie die een wat in die ateljee opgeneem word nie. Tydens die bekendstelling van sy nuwe CD vertel hy ’n paar oulike staaltjies en het 'n gemaklike interaksie met sy media-gehoor tussen liedjies. Hy noem vir Laurika Rauch “Tannie”, en sy verwerking van haar “Gange” laat my van voor af verlang na kinderdae op die plaas.  Tydens ons onderhoud op Industrial Coffee Works se lang, hout tafels lag hy maklik en gereeld.  1. Hoe verskil die persoon wie jy vandag is met die jong man wat destyds van Richardsbaai a