Slaan oor na hoofinhoud

Stella - Nuwe Môre


NasieInspirasie was onlangs genooi na Stella se CD bekendstelling. Melissa en haar man, Jaco, het hierdie geleentheid bygewoon en beskryf Stella se musiek as verfrissend, 'n vars briesie op 'n nuwe môre. (NasieInspirasie se tema vir die maand is WOORDE - die dinge wat ons sê, dinge wat krag dra. Luister gerus na een van STELLA se liedjies op die album genoem, WORDS, beskikbaar op iTunes)

Dit is altyd 'n voorreg om by 'n CD bekendstelling te wees. As jy stop, stilstaan en besef dit is 'n lang pad en 'n droom van iemand wat waar word dan is dit nie maar net nog 'n CD wat bekendgestel word nie. 


Dis die kunstenaar wat geboorte gee aan 'n droom lank in verwagting. 

Stella kom op die verhoog en stel haarself bekend. Sy is klein in statuur, maar groot in autoriteit. Ek kyk na haar en sien 'n sagte, warm, opregte gevoelsmens. Sy heet almal welkom en sê laggend dat sy baie opgewonde is.

Sy praat bietjie saggies en vertel dat sy Maandag oggend met laryngitis wakker geword het en gewonder het of die bekendstelling gekanselleer sou moes word. Sy bedank 'n paar mense op die naam asook Universal Music.

Sy gaan voort om te vertel waaroor die CD gaan. Die CD het 'n tema van Hoop, van Nuwe Seisoene, die onbekende en gister wat verby is: Nuwe Môre.

Sy en haar man het verlede jaar 'n dogtertjie ryker geword, sy wys na agter waar Ellie op haar pappa se skoot rondrits.

Soos wat sy elke daaropvolgende hoendervleis-liedjie sing, skuif sy sorgloos van klavier na kitaar, na klawerbord.

Haar man help haar met die mirkofoon staander op een van die liedjies en sy giggel dat die familie hom "Hannie-maak-'n-Plannie" noem. Hy is ook 'n boer, sal ons later hoor, wat dit heel gepas maak. Haar dogtertjie dans op pappa se skoot en luister na mamma wat sing.

CD maak is harde werk, vertel Stella. Dis liedjies skryf, slyp en poleer. Sy roep vir Jake Odendaal vorentoe en bedank hom dat hy gehelp het om die musiek in 'n rigting te vat, want 'n liedjie kan in baie rigtings gaan.
Hy het saam met haar "Al lê die Berge Blou" geskryf...."Van scratch af" sê sy.
Sy vertel dat dit 3 jaar geneem het om hierdie CD uit te bring.
Hulle dogtertjie hardloop vorentoe en pappa gaan haal haar.

Sy is getroud met n oulike boertjie, sê sy.
Hy is baie romanties. Hy het "ge-hitch-hike" na 'n gig toe sodat hy saam met haar kan terugry. "Tuis en handig orals waar hy kom", voeg sy trots by.

Sy vertel, "ons het lank probeer vir 'n kindjie..." Sy erken hulle het begin twyfel. In haar hart het sy gevoel sy moet 'n liedjie skryf vir haar kind wat nog nie bestaan nie en twee maande later is sy swanger. Sjoe, wat 'n getuienis en wat 'n spesiale liedjie. Die Liedjie se naam is "WONDERWERK"

Dan pluk sy 'n "Loop Pedal" uit. Dis 'n lekker speelding vir musikante. Sy vertel dat sy nog nie baie met hom gespeel het nie, maar ons kake hang oop soos sy opneem en terugspeel, 'n stukkie bo-oor speel, opneem, speel terug, neem weer op, sit dromme en stem by - 'n baie indrukwekkende "speletjie".

Sy eindig haar optrede met die mooi woorde:
"Ek is lief vir Suid Afrika en ek glo God het 'n mooi plan vir Suid Afrika. Ons moet Sy Genade, Liefde en Lig uitstraal in ons land in."

My vermoedes word bevestig toe ek geleentheid het om 'n onderhoud te voer met borrelende Stella. Haar glimlag maak jou hart sommer warm.

1. Wat is jou eerste musiek-memory en waar het jou liefde vir musiek begin?
Ek het grootgeword in 'n huis met musiek. Ek dink ek was so vier of vyf jaar oud gewees toe het my boeties chopsticks of iets op die klavier gespeel en ek het dit daarna gaan uitwerk op die klavier, ek wou dit net regkry. Dit was maar nog altyd deel van my lewe. My ma sing en speel klavier, my pa het ook gesing en instrumente gespeel en hulle was beide betrokke by kerk bands en het aanbidding gelei so ek het in daardie omgewing grootgeword.

2. Hoe het jy van aanbiddingsmusiek in die kerk gegaan na hierdie CD se bekendstelling, aangesien jy by baie verskillende musiek betrokke was, aanbidding in kerke, Duis:Lig, Kristel...was dit 'n droom wat jy nog altyd gehad het om so 'n CD bekend te stel?

Nee, dit is eintlik nie iets wat ek gedink het ek ooit sal doen nie. Ek weet die Here roep my vir bediening en ek doen dit nogsteeds, Duis:Lig is nog aan die gang, maar ek het so drie jaar terug gevoel dat hier nou ander liedjies is wat na my toe kom en ek dink nie dit is net vir my en my man en op die plaas bedoel nie, ek wou graag iets sinvol daarmee doen en toe het ek 'n geleentheid gekry deur Universal Music om 'n album te maak. Ek voel dat dit net 'n ander platform is wat die Here vir my gegee het om mense te bereik op
'n ander manier.

3. Wie en wat inspireer jou?

Die lewe inspireer my, my dogtertjie, die natuur. Waarookal ek is vind ek altyd iets wat my inspireer. As 'n mens se oë oop is gaan jy baie goed raaksien wat jou inspireer. 

Melissa Viljoen


 Melissa Viljoen en Stella

 Melissa Viljoen en Lizandra Winter

Melissa Viljoen en Hettie Brittz

Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde